Slot (sluiting)

Slot van die gemeentehuis van Bergen (kopie).

'n Slot is 'n meganisme waarmee 'n voorwerp toegesluit kan word. Slotte bestaan in vele soorte en groottes, en is al sedert die ou Egipte bekend. Die vernaamste doel van 'n slot is die beperking van toegang (meestal tot iets van waarde) tot slegs die persone wat beskik oor die korrekte gepaardgaande sleutel.

Nie net bewaarplekke van waardevolle voorwerpe (variërend van juweelkissies tot bankkluise), maar ook wonings, vervoermiddels en selfs boeke kan met spesiaal ontwerpte slotte toegesluit word.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne